Tuesday 15 January 2013

Top 100 verkoper! Top 100 best sellers list!

Hallo almal.  Die nuwe jaar kon nie beter begin vir my nie! 

Hi everyone. This new year could not have started better for me!

Proe Pretville is nou 'n "Top 100 verkoper".  Ek is stom verbaas en baie dankbaar aan almal wat hom gekoop het of nog gaan koop. Ook vir die geleentheid wat Paul geskep het vir so 'n boek.

Proe Pretville is now a "Top 100 seller"!  I am speechless and so humbled and so thankful to everyone who bought it or still want to buy it.  And to Paul who created the platform that begged for a cookbook!





Desember was 'n heerlike besige maand. Pretville die dorpie het oopgemaak vir die publiek en was erg besig met wonderlike besoekers wat elke oomblik geniet het. Almal is daar weg met 'n lied in die hart.

Om die fliek in die pragtige Pretville 50's bioscope te sien is 'n belewenis. Kort kort loop een van die hoof akteurs daarin en verras almal met 'n lekker geselsie. 
Die 'baas van die plaas" Paul Kruger vertel ook die storie van hoe alles werk en begin het, en vir 'n bonus wys hy vir jou ekstra video's van hoe die dorp gebou is, en skreeu snaakse agter die skerms gebeure. Veral wanneer Steve vir Kevin Leo soen....

Machiel Roets wat al die liedjies opgetower het met sy ongelooflike musikale talente is ook daar en speel en sing sommer 'n liedjie of twee net voor die fliek begin.

December was a very busy month. Pretville opened it's doors to the public, and everyone who come to visit left with a song in their hearts.

To see the movie in Pretville's own 50's bioscope is an experience you owe yourself. Ever so often one of the actors walks in for a surprise chat. The owner Paul Kruger tells the story of where it all started, and show's you clips of  how the town was build, and very funny behind the scene's shots just before the movie starts. Especially the one where Steve kisses Kevin Leo......

Machiel Roets, composer of all the songs, plays a tune or 2 and sings a song for you. He tells of how he longed to come back home from England, and how he composed the songs.


Of jy die fliek gesien het of nie, moet hom nie misloop by Pretville self nie. Dis regtig 'n show en belewenis wat jy jouself moet gun! 

Paul het ongelooflike planne vir Pretville vir 2013. Die beplanning is dat Pretville elke naweek sal oopwees vir allerhande heerlike show's. Hou die blog en website dop vir meer inligting!

Pretville voel soos ouma se huis. Warm, vriendelik en tuis. 

Van ons almal af:  Mag al jou wense waar word in 2013!

Do yourself the favour and see Pretville at Pretville in the 50's bioscope!

The 2013 programme that Paul has in mind will certainly blow your's! Visit the website or right here for upcoming shows you shouldn't miss. 

From all of us: May 2013 make all your wishes come true!

Pretville feels like home.. come and visit us!

Saturday 15 December 2012

'n Spook? A Ghost? In Pretville??

Daar is 'n spook... in Pretville...

Ek wonder of die As-brood resep in Proe Pretville iets daarmee te doene het! 


Oh dear... there's a ghost in Pretville... wonder if the 'Ass-bread' recipe in Proe Pretville has anything to do with it?



Monday 10 December 2012

Geheime en skinder in Pretville! Skeleton's and secrets of Pretville!

.... nie al die stories word in Pretville die movie vertel nie... daar is nog baie, en hulle is toegesluit in die Proe Pretville kookboek: Hier's een!

Not all the stories are told in the movie.. no, there are many hidden secrets and skeletons in the cupboards of the Pretville inhabitants, and they are all revealed in the Proe Pretville cookbook!

Die arme Hennie H..h..hakkel sukkel..
Die storie loop dat hy kleintyd op sy kop geval het, want maak nou nie saak hoe hy probeer nie, die arme mens hakkel tog te verskriklik. 
Siestog, die hele dorp is baie lief vir hom, maar die son begin water trek teen die tyd dat hy sy storie klaar vertel het!

Maar dis is nie al nie... ek het gehoor dat Oom Frik van die plaas Rietfontein goed bek-af is vandat Eddie Elektriek terug is op die dorp.. hoekom?  Wel... die geheim is ook in die boek!

Behalwe vir al die skinder stories is hy ook vol heerlike 50's resepte!

Like this one:

Poor Hennie H..h..hakkel struggles.. he stutters terribly. I hear he fell on his head when he as a young boy! Shame, and he is so sweet..

But... 
that's not all... I hear that Oom Frik from the farm Rietfontein is very sour since Eddie Elektriek is back in town. Wonder why? 

All the secrets you do not see in the movie is locked in die Proe Pretville cookbook! 

Get it now! Besides the 'skeletons', it is filled with yummy 50's recipe's!





Monday 3 December 2012

Stap saam.... Walk with!

'n Proesel Pretville - stap saam deur die dorp!

 A walk through the town Pretville!

Wondered if a visit to Pretville is worth it?

Remember you have 3 days left to enter the Christmas-box competition!  E-mail me with your story!

Gewonder of dit die moeite werk is om Pretville te besoek?

Onthou daar is net 3 dae oor om die Kers-Box kompetisie te wen! E-pos my sommer met jou storie!









Thursday 29 November 2012

Wen vir jouself 'n Retro Kersgeskenk! Win yourself a Retro Christmas present!

A lovely box full of goodies, just before Christmas!

'n Heerlike box vol goeters, net voor Kersfees!

 

1 Le Creuset retro tea-pot!

1 ProePretville cookbook!

1 Pretville CD!

How to enter?  Hoe om in te skryf?  .....PAGE DOWN!  SIEN ONDER!



e-mail my sommer - of:

At the bottom of this post is a "comment" box! Enter your e-mail address and a short story of what you plan to do this Christmas.

Competition closes 6 Nov - JUST ONE WEEK!

Onder die inskrywing is 'n "comment" box - Skryf 'n kort storie oor wat jy die Kersfees beplan en jou e-pos adres.

Kompetisie sluit 6 Nov - NET EEN WEEK!


Sunday 25 November 2012

Die lang pad van Proe Pretville




Om 'n kookboek te skryf vat lank.. blerrie lank om eerlik te wees.

Eers was dit die soek van lekker 50's resepte, toe elkeen toets, so 380 van hulle. Dan kies jy so 240, verwerk hulle, gee vir Dieetkundige Nicki de Villiers om 'n oog te gooi en te proe, gee dan vir LAPA wat summier 100 van hulle uitgooi "want hulle is ou-nuus"... terwyl jy snak na jou asem want net jy weet hoeveel tyd het in daai 'weggooi-goed' ingegaan... maak na 3 dae en 20 bottels buchu vir die 'kalmeer' vrede daarmee, en dan loop die oorgeblewe resepte allerhande draaie by taalkundiges en someer, voordat jy uiteindelik by 'n hotel-skool uitkom met 'n kliniese kombuis vol finale jaar chefs, wat binne  4 dae al die resepte maak, proe, toets, en ons moet net bontstaan met die kamera's en dekor!

Gelukkig het van die akteurs van Pretville vinnig uitgevind waar daar elke dag gratis heerlike disse is wat geproe moet word!

Tuesday 20 November 2012

Jou uitnodiging... Your invitation!

Kom kuier asb!  

Please come and visit us!

Phone Emma for more info: Bel asb vir Emma vir meer inligting!  0832831323

Dis soos die weduwee se kruik... ons is oneindig dankbaar en dinge gebeur aanhoudend ... nes die weduwee se kruik wat net nooit leeg loop nie!

Things are happening and it's HOT! (pun intended) But we are very thankful. After a long time of hard work, things are happening!

Pretville begin draai in alle teaters nou Vrydag!  Asb laat weet ons wat jy dink? 

Pretville starts showing in theatre's across the country!  Let us know what you think of it please? 



Proe Pretville behoort die week in boekwinkels te wees! Indien nie, e-pos asb vir Hendriw@lapa.co.za

Proe Pretville will be in bookshops this week! If not, pls mail hendriw@lapa.co.za




Pretville die dorp maak ook Vrydag oop, EN jy kan Pretville IN Pretville se 50"s fliek kom kyk!  Dis regtig spesiaal. Om daar uit te loop en in die 50's Diner in te loop is regtig spesiaal. 


Pretville opens it's door's to you on Friday, and you can come and watch Pretville in Pretville's own 50's theatre! It's wonderful to view the movie, then walk out and into the 50's Diner!


Kom kuier!  Ons wil jou graag wys en hoor wat jy dink van alles!

Come visit!  We really want to show you and hear what you think of it all!